Nádine speel Sneeuwitjie in nuwe verhoogproduksie

Nádine gaan in 2016 op die planke te sien wees as Sneeuwitjie. Foto: Verskaf

Nádine gaan in 2016 op die planke te sien wees as Sneeuwitjie. Foto: Verskaf

Teatergangers kan dalk vasstel wie wérklik die mooiste in die land is wanneer Sneeuwitjie in 2016 op die planke te sien gaan wees. Dié immergewilde sprokiesverhaal gaan in Afrikaans afspeel by Emperors Palace. Bekendes soos Nádine, Angela Kilian en Heidi Edeling gaan daarin te sien wees.

Renier en Lise-Marie Keyser, wat ook die vervaardigers van Aspoestertjie was waarin Karlien van Jaarsveld gespeel het, het besluit om dié produksie na die verhoog te bring ná die groot sukses van Aspoestertjie. “Omdat Aspoestertjie so ’n groot sukses was, het ons ʼn ooreenkoms met Emperors Palace aangegaan om elke jaar vir vier jaar ʼn produksie op die planke te hê,” het Renier gesê.

Hy vertel ook dat die keuse vir Sneeuwitjie op ʼn onkonvensionele manier gebeur het. “Ons was betrokke by ʼn produksie waar ons die eerste keer vir Nádine ontmoet het. Ons het onmiddellik gevoel dat die rol van Sneeuwitjie haar baie goed pas. Sy het ook graag ingestem om die rol te vertolk.”

Die skryfproses vir dié produksie is reeds aan die gang en die rolverdeling is klaar gedoen. Teatergangers kan kinkels in die familieproduksie verwag met akteurs wat jou op die randjie van jou stoel sal hou of laat skaterlag.

Besprekings is nou oop by Computicket. Die produksie is te sien in by Emperor Palace van 6 Mei – 12 Junie 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.