
Nataniël sing die liedjie “To the zoo” saam met Francois Joubert en Nicolaas Swart. Foto: Verskaf.
Die sanger, liedjieskrywer, skrywer en vermaaklikheidkunstenaar, Nataniël, slaag daarin om met sy jongste verhoogproduksie die perfekte balans tussen komedie, vermaak en fyn sosiale kommentaar te vind.
After animals speel af in die nabye toekoms op ʼn aand net nadat die heel laaste dier op die aarde tydens ʼn geheime seremonie geslag en geëet word. Die gebeurtenis verander die wêreld onmiddellik en word die agtergrond waarteen Nataniël sy Afrikaanse en Engelse stories vertel en liedjies sing. “Dis nie ʼn gewroeg nie, die storie word uit die oogpunt van ʼn karakter vertel wat heeltemal iets anders beet het as die uitsterwing van die diere. Hy het eintlik toevallig in die gemors beland,” vertel Nataniël.
Kuns en Nataniël se liefde vir reis het gedien as inspirasie vir die verhoogproduksie. Hy versamel al jare lank die Franse kunstenaar, Marc le Rest, se kunswerke maar het eers onlangs die geleentheid gehad om die kunstenaar self in Europa te ontmoet. Le Rest se kunswerke ondersoek die tema “As diere die wêreld sou regeer” en dit het aanleiding gegee tot Nataniël se jongste produksie. “Die produksie is beslis geïnspireer deur Japanese voukuns en Le Rest se kunswerke, waar diere altyd juwele dra,” sê Nataniël.
Dit is ook Nataniël se eerste verhoogproduksie sonder enige historiese kostuums, maar die kostuumontwerper Floris Louw, wat al verskeie toekennings ontvang het vir sy ontwerpe, het beslis nie teleurgestel nie. Die kostuums is absoluut asemrowend en ʼn mens kan nie help om jou te vergaap aan die nuwe fasette daarvan wat elke keer beklemtoon word met die slim beligting onder die leiding van Kevin Stannet nie. “My stel is ook eenvoudiger en gevul met spasie, daar is nie so baie krulletjies en draaitjies soos in die verlede nie,” sê hy verder.
Die produksie slaag daarin om terselfdertyd donker, dramaties, fantasties, snaaks en met tye verrassend te wees. Nataniël is bekend daarvoor dat hy nie skroom om grense te verskuif met sy verhoogwerk nie en sy nuutste skepping is iets uniek en ʼn onvergeetlike teaterervaring.
After animals het ʼn talentvolle rolverdeling wat net uit mans bestaan. Nicolaas Swart en Francois Joubert sing saam met Nataniël, terwyl Martin van Heerden dans en Bradley Dreyer vir die akrobatiese toertjies sorg. Die orkes bestaan uit Charl du Plessis (klawerbord), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (baskitaar) en Hugo Radyn (dromme).
Die produksie is tot Sondag 27 September by die Theatre of Marcellus in Emperors Palace, Johannesburg, te sien. Kaartjies kan bespreek word by Computicket of besoek Emperors Palace se webwerf vir meer inligting.
- Nataniël in ‘n toneel uit sy jongste verhoogproduksie ‘After animals’. Foto: Verskaf.
- Martin van Heerden is ‘n danser in ‘After animals’. Foto: Verskaf.
- Nataniël met een van die kostuums uit ‘After animals’. Foto: Verskaf.
- Die rolverdeling van ‘After animals’ bestaan uit (vlnr) Francois Joubert, Martin van Heerden, Nataniël, Bradley Dreyer en Nicolaas Swart. Foto: Verskaf.
- Neil Andrews, Supersport aanbieder, saam met Hlohlo Magodielo en Andrews se kinders Gregory (14) en Melissa (18) tydens die openingsaand van die verhoogproduksie. Foto: Verskaf/Yolanda van der Stoep.
- Die sanger, liedjieskrywer en akteur, Matt Stern, en Marika Steyn het die openingsaand van ‘After animals’ bygewoon. Foto: Verskaf/Yolanda van der Stoep.
- Nataniël is grimeer vir die projek met die titel: “Create emblem” wat deel is van die verhoogproduksie. Foto: Verskaf.
- Nigel Atherton, bedryfshoof van Emperors Palace, Corlene Furstenberg van die sepie Scandal en die akteur Terence Bridgett was ook gaste tydens die openingsaand van ‘After animals’. Foto: Verskaf/Yolanda van der Stoep.
- Francois Joubert is ‘n nuwe gesig op die verhoog en Nataniël het net lof vir sy werk. Foto: Verskaf.
- Bradley Dreyer is te sien as die akrobaat in ‘After animals’. Foto: Verskaf.
- Nicolaas Swart is ook ‘n sanger in die produksie ‘After animals’. Foto: Verskaf.
- Beoordelaars van die Naledi-teatertoekennings, Peter Feldman, Dawn en Des Lindberg, Rud Sadler en Reno Spanoudes was ook gaste wat saam met die bedryfshoof van Emperors Palace, Nigel Atherton (tweede van regs) gekuier het by die openingsaand van die vertoning. Foto: Verskaf/Yolanda van der Stoep.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Dis n abselute riem onder die hard om te te hoor dat hy so goed doen, is versot en weggeslaan op elke liewe produksie wat hy op die plake bring. Sy viness en egte ken merke maak van hom n legindariese man… Nataniel- dankie vir die kuns in eksentriek wat jy so oor almal betower !!!!!!!ek wens net ek kan eendag my hand oor jou kaalkop streel
Sjoe, kan ons nie eers net ‘n liedjie van die produksie hoor nie? Baie van ons kan dit nie bywoon nie, maar sou wat wou gee om ‘n “lekseltjie” daarvan te hore te kom. Hy is so op die man af, en ek is mal daaroor dat hy nie doekies omdraai nie. Nataniel maak definitief nie ‘n moordkuil van sy hart nie.
Het die produksie verlede Donderdag gesien. Amazing!! Awesome!! en alles wat daarmee gepaardgaan. Baie geluk Nataniël.