Nataniël se jongste produksie binnekort in Gauteng

Nataniel 1Die sanger, liedjieskrywer, televisie-aanbieder en verhoogpersoonlikheid Nataniël, het vandeesweek aangekondig sy nuutste verhoogproduksie, Mannequin, gaan later vanjaar weer op die planke wees by Emperors Palace.

Kapenaars het in April vanjaar die geleentheid gehad om Mannequin in die Kunstekaap-teater te sien en nou is dit Gautengers se beurt.

Nataniël is al vir meer as twee dekades op die verhoog en het vir sy laaste groot produksie, After Animals, vyf Naledi-toekennings gewen – meer as enige ander kunstenaar of produksie.

Mannequin vertel die storie van ʼn skrywer wat speel met die idee om ʼn boek te skryf oor die lewe van ʼn skugter kleremaker. Dit is ʼn verhaal met verskeie verrassingselemente, humor, waarheid en fantasie.

Die produksie gaan oudergewoonte oorspronklike musiek speel, asook verskeie van Nataniël se weergawes van bekende liedjies van die sestiger- en tagtigerjare.

Hy deel die verhoog met mede-musikante Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (baskitaar), Juan Oosthuizen (kitaar), Hugo Radyn (tromme) en die sangers Nicolaas Swart en Dihan Slabbert.

Die produksie wentel om stories wat in Engels en Afrikaans vertel word en ʼn verstommende versameling nuwe kostuums deur die veelbekroonde ontwerper, Floris Louw, word gebruik.

Mannequin is van 18 Augustus tot 25 September 2016 by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace beskikbaar van Woensdae tot Saterdae om 20:30 en op Sondagmiddae om 15:00.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket of bel 011 928 1297/1213.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dawie ·

Dis altyd die moeite werd om een van sy produksies te sien.

E ·

Hy is uniek soos geen ander. Leon en Kasper ook. Sulke rare talent kom net een keer in ń leeftyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.