Nik Rabinowitz vanjaar op KKNK

Die komediant, Nik Rabinowitz, is vanjaar by die KKNK te sien met sy vertoning What the EFF?.

Die komediant, Nik Rabinowitz, is vanjaar by die KKNK te sien met sy vertoning ‘What the EFF?’.

Die Suid-Afrikaanse komediant Nik Rabinowitz is vanjaar vir die eerste keer op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn te sien met sy vertoning What the EFF?

 Volgens dié komediant wat al ʼn hele paar pryse ingepalm het en selfs in die Royal Albert Hall in Londen opgetree het, is hy baie opgewonde om vir die eerste keer op dié fees op te tree. “Dit gaan pret wees! My vrou het wel gesê ek mag nie op ʼn volstruis ry nie.”

Rabinowitz sien op ʼn persoonlike vlak daarna uit om sy oupagrootjie, Morris Braude, se graf in Oudtshoorn te besoek.  “Dalk het ek ʼn paar Boerejoodnefies en -niggies op die dorp waarvan ek nie weet nie,” het hy gesê.

“Verder hoor ek die Hof gaan nie vanjaar daar wees nie. Ek was nogal mal oor hom in Knight Rider,” het hy skertsend gesê.

Kaartjies vir What the EFF? is teen R120 by Computicket beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Afrikaner ·

Sorry ek kan dit net net nie maak nie. Ek en Michael Hasselhoff braai by Steve daai dag.

Regtig sorry aan al die 13 mense wat daar gaan wees.

Boy ·

Klink vir my baie lekkerder.

Geen begeerte om na die vertooning of die fees toe tegegaan nie, enigeste keer wat Oudtshoorn my weer sien is oppad Hartenbos toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.