“Ons vir jou” is terug op publieke aanvraag

ons vir jouNa vier jaar se onophoudelike navrae, kan die Boereoorlog-musiekspel, Ons vir Jou, uiteindelik vanaf 5 Oktober 2013 vir die eerste keer in Kaapstad gesien word. Dié trefferproduksie, geskryf deur Hertzog-pryswenner, Deon Opperman, en Sean Else en met musiek deur Johan Vorster, is al deur 80 000 mense gesien en reeds in 2008 die eerste keer aangebied. Daarna het dit in 2009 en 2012 op publieke aandrang teruggekeer.

“Ek glo dat enige nasie, soos enige persoon, wat nie kan onthou waar hy vandaan kom nie, sal nie weet wie hy is of kan droom wat hy kan wees nie,” sê Deon Opperman.

Ons vir jou vertel die storie van ʼn kosbare deel van die Afrikanergeskiedenis. Die impak van die Boereoorlog op ʼn jong Afrikaner-nasie word met passie en meegevoel uitgebeeld. Uitstekende akteurs, roerende musiek en aangrypende dialoog maak Ons vir jou ʼn unieke ervaring.

Wanneer: Saterdag 5 Oktober tot Saterdag 26 Oktober 2013
Venue: Artscape Operahuis, Kaapstad
Kaartjies: Vanaf R150-00
Besprekings kan hier gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.