‘Op die spel’: Kan bekendes ‘hospitaliseer’ spel?

‘n Skermskoot uit die video

Die derde seisoen van kykNET se spel-en-taalspeletjieprogram, Op die spel, het pas weer begin en taalfoendi’s en -puriste kan nou weer op Woensdagaande voor die televisie inskuif en ook hul taal- en spelvaardighede op die proef stel.

Die JacarandaFM-aanbieder Rian van Heerden is weer die aanbieder van die reeks met Gerhard van Huyssteen wat weer as die beoordelaar optree.

In dié seisoen moet leerders van hoër- en laerskole hul slag met taal en grammatika wys. ʼn Spesiale studente-episode sal ook deel wees van die nuwe reeks, waarin vier van die beste studentespellers gaan meeding om die titel as beste speller op ʼn Suid-Afrikaanse kampus.

Op die spel word Woensdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai.

Video: Bekendes wat in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders te sien is, se taal- en spelvaardighede word op die proef gestel om te bepaal of hulle die woord “hospitaliseer” kan spel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Nettie ·

Ek kyk graag die program, maar staan absoluut verbaas oor hoe sleg sommige mense regtig spel. By Graad 7-leerders kan mens nog verwag dat ‘n foutjie hier en daar inglip, maar goedige genade …. hoe sommige volwassenes darem letterlik kan spel soos hulle praat, slaan my stom! Dit sal lekker wees as daar ‘n program gemaak word vir volwassenes wat moet spel om ‘n lekker paar vet pryse te wen – ek dink ek sal almal onder die tafel in-spel (of in speel).

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.