“Die lewe is nie snaaks nie.”
Wat sou gebeur as ʼn beskermengel in jare nie iemand beskerm het nie? En wat sou gebeur as ʼn klein seuntjie ʼn engel-sonder-vlerke buite sy venster tydens ʼn stormagtige aand opmerk?
Marietjie de Jongh se geliefde kinderboek Braam en die engel is vir die verhoog verwerk as ’n teaterervaring vir die hele gesin. Dié produksie neem die kyker op reis in ʼn storie oor die krag van vriendskap en hoop. Dis in die gebrokenheid van ʼn ander dat jy perspektief op jou eie lewe kan kry.
Kinders, wat saam met hul ouers die produksie by die Woordfees in Stellenbosch kom kyk het, het hulle vergaap aan die kleine Braam wat met behulp van verskeie akteurs – byna soos Pinnochio – lewend word op die verhoog.
Die stelontwerp en tegniese versorging is uitstekend. Die liggaamlike vermoëns van die akteurs verdien ook spesiale vermelding.
ʼn Staande applous vir die rolverdeling was welverdiend.
Braam en die engel wys by die Woordfees in Stellenbosch en is nog Saterdag (09:00) en Sondag (10:00 te sien. Koop jou kaartjies hier.
Met Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Marelize Viljoen, Shaun Oelf
Regisseur Nico Scheepers
Vervaardigers KKNK en Momentum Beleggings Aardklop
Skrywer Marietjie de Jongh
Verwerker Kanya Viljoen
Tegniese versorging, kostuums, stel- en beligtingsontwerp Nico Scheepers en Nell van der Merwe
Musiek Franco Prinsloo
Verhoogbestuur Nell van der Merwe
Assistent-regisseur Grant van Ster