PG du Plessis se ‘Siener’ kry nuwe lewe by die Woordfees

Siener in die Suburbs is vanjaar met 'n splinternuwe rolverdeling by die Worodfees te sien. Foto: Liza van Deventer / Die Burger (Aan Maroela Media verskaf deur Alexa Strachan)

Siener in die Suburbs is vanjaar met ‘n splinternuwe rolverdeling by die Woordfees te sien. Foto: Liza van Deventer / Die Burger (Aan Maroela Media verskaf deur Alexa Strachan).

Die alombekende verhoogstuk Siener in die suburbs uit die pen van PG du Plessis gaan vanjaar met ʼn splinternuwe rolverdeling by die Woordfees te sien wees.

Shaleen Surtie-Richards vertolk die rol van Ma, terwyl Brendon Daniels en Crystal-Donna Roberts onderskeidelik dié van Jakes en Tiemie.

Heinrich Reisenhofer behartig die regie van die produksie en ander bekendes soos Christo Davids, Ivan Abrahams, Dann-Jaques Mouton en Andrea Frankson is ook daarin te sien.

Oor die feit dat Siener in die suburbs weer ʼn draai op die verhoog maak, het Du Plessis die volgende te sê: “Bly, dankbaar en geëerd, dankie, want dit wys ek het darem tog iets met ding reggekry – sodat hy na ongeveer 44 jaar en diep-in-die-dertig drukke nog waardig geag word vir heropvoering en herdrukke.”

Siener in die suburbs is die eerste keer by die Woordfees te sien en kan ook later by die KKNK en Aardklop gesien word. Kaartjies vir die Woordfees kos tussen R90 en R150 en is hier beskikbaar.

Maroela Media het verlede jaar kort voor sy 80ste verjaarsdag met Du Plessis gesels. In dié video-onderhoud vertel hy hoe en waar Siener geskryf is:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pretorius ·

Ek is mal oor Anneli nog nooit i vrou gehoor met so n mooi stem nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.