Resensie: Eendsonderend vier vriendskap

Deur Suné van Heerden

Met twee swaargewigte in die Afrikaanse toneelbedryf is Eendsonderend ʼn ster-produksie.

Dis ʼn gesprek tussen twee jarelange vriende, en jy het die geleentheid om hulle af te luister. Dié twee “ou ooms” sit en gesels in ʼn park en bepeins die lewe.

George, gespeel deur Louis van Niekerk, verklaar in ʼn stadium: “In ʼn mate is die natuur ʼn venster waarna ons na die lewe kan kyk.”

Marius Weyers, in die rol van Emil, skroom nie om van sy vriend te verskil wanneer hy oortuig is dat sy vriend verkeerd, en hy reg is nie. Hulle bespreek filosofies die doel van die lewe, die lewensduur en -fases van eende: soms in ʼn lighartige wyse, en soms doodernstig.

Die besef dat ʼn eend, en veral ʼn mens, nie sonder ʼn vriend kan bestaan nie word duidelik verwoord. David Mamet se teks (vertaal deur Louis van Niekerk) is ʼn baie goeie poging om die ooreenkomste (en verskille) tussen eende en mense uit te wys.

Eendsonderend wys tans by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.