Resensie: Paloekas stel teleur

Deur Suné van Heerden

Ek het met groot verwagting Lulu Botha se stuk, Paloekas – Dagboek van ʼn Single Girl gaan kyk. As ongetroude meisie het ek uitgesien na ʼn stuk wat tot my hart sou spreek: om te weet dat iemand dieselfde wedervaringe as ek beleef.

Paloekas stel egter teleur. Die gehoor het met tye gelag maar ongelukkig nie so uitbundig soos wat mens van só ʼn tipe stuk sou verwag nie.

Botha se vertolking as Ouma Tilla wat eiehandig gesorg het dat Bles Bridges nooit weer Calvinia sou besoek nie was na my mening die beste deel van die stuk.

Paloekas – Dagboek van ʼn Single Girl wys tans by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.