Rocco de Villiers op die planke met ‘Amazing Grace’

Rocco de Villiers in Amazing Grace. Foto: Verskaf

Rocco de Villiers in Amazing Grace. Foto: Verskaf

Die gewilde pianis Rocco de Villiers is binnekort weer op die verhoog te sien in sy nuutste verhoogproduksie, Amazing Grace.

Dié hoofsaaklik Engelse produksie volg kort op die hakke van sy uiters suksesvolle CD, Beautiful Beautiful Hymns.

Teatergangers kan uitsien na ou bekende liedjies soos “Abide with me”, “The holy city”, “Amazing grace”, “Ave Maria”, “Glory, glory hallelujah”, “How great thou art” en “Silent night”.

Kunstenaars wat die verhoog met Rocco sal deel, is onder andere die doedelsakspeler Estian Zietsman, die orrelis Pieter van den Berg, die violis Lizelle le Roux, die perkussiespeler Stephen Liebenberg en die aktrise Lauren Botha.

Die vertoning vind plaas by die Pieter Toerien-teater van 6 tot 17 April. Kaartjies kan bespreek word by Computicket of deur die teater te kontak by 011 511 1988. CD’s, DVD’s en bladmusiek sal te koop wees by die deure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.