Shaleen gee woema aan twee produksies by Aardklop

Shaleen Surtie-Richards in die produksie "Woema van ʼn windgat wyfie". Foto: Verskaf.

Shaleen Surtie-Richards in die produksie “Woema van ʼn windgat wyfie”. Foto: Verskaf.

Shaleen Surtie-Richards is vanjaar in twee produksies tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien.

Die alombekende aktrise is te sien in die komiese eenvrouvertoning Woema van ʼn windgat wyfie. Hier word die mensdom en verhoudinge bekyk vanuit die perspektief van ʼn vroulike “windgat”. Die produksie is die vierde stuk in die reeks oor persoonlikheidstipes wat volg op Annale van ʼn windgat, Ballade van ʼn banggat en Jou gat, my skat.

Net soos in die vorige stukke lei Woema van ʼn windgat wyfie op ’n humoristiese manier die teatergangers amper ongemerk tot beter begrip vir onderlinge verskille en groter verdraagsaamheid teenoor mekaar.

Shaleen is egter ook te sien in die nuwe weergawe van PG du Plessis se Siener in die Suburbs. Gaan loer gerus hier na ʼn video waar sy oor dié rol gesels.

Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vind vanjaar van 6 – 10 Oktober in Potchefstroom plaas. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.