Stem nou vir jou gunsteling-fees

‘Toutjies en Ferreira’ met Frank Opperman.

Die kykNET Fiësta-toekennings vereer jaarliks die ryk oes teaterwerk en kunsuitstallings wat die afgelope feesjaar opgelewer het en die benoemings vir die 2019-pryse is onlangs bekendgemaak.

Die Fiëstas-paneel, wat uit tien lede en ʼn sameroeper bestaan, het bykans 230 debuutproduksies deur die jaar gesien by die ses vervaardigende feeste. Hierdie feeste is die US Woordfees, KKNK, die Suidoosterfees, die Vrystaat Kunstefees, Innibos en Aardklop.

Daar is egter nog een kategorie wat bepaal moet word en dit is ook die een kategorie waarin feesgangers ʼn sê het: Fees van die jaar.

Feeste wat vir hierdie toekenning kwalifiseer moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Die fees moet ’n nie-winsgewende organisasie wees met ʼn bestuur wat verantwoordbaar is aan ʼn direksie, komitee of ʼn raad van trustees;
  • slegs vervaardigende feeste wat die finansiële risiko neem om nuwe werk te skep kan benoem word in die kategorie vir “Fees van die jaar”;
  • aanbiedings op hierdie feeste moet die meeste van die genre’s in die kunstebedryf verteenwoordig;
  • daar moet ook op ’n deurlopende basis gekyk word na die verskil wat die fees in die kunstebedryf en die omliggende gemeenskap maak.

Die publiek het tot 13 Januarie 2019 kans om vir hul gunsteling-fees te stem op kykNET se webwerf. Elke stem tel net eenkeer.

Volg die skakel om te stem: https://kyknet.dstv.com/wen/kies-jou-gunsteling-fees-9de-kyknet-fiestas

Die negende kykNET Fiësta-prysaand is op Donderdag 14 Februarie in Kunstekaap in Kaapstad en word soos vorige jare regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.