Suidoosterfees: Wat sal roem aan jóú doen?

Agter is Anrich Herbst, Nelandi Boshoff, Hugo Theart en Eldon van der Merwe. Voor is Coenie de Villiers, Deon Meyer, en Nicole Holm. (Foto: Verskaf)

 Talle streef na bekendheid, ʼn stukkie roem, iets wat sal beteken hul name word in die geskiedenisboeke opgeteken.

Maar wat sal roem aan jóú doen? Sal jy jou karakter en waardes prysgee, of sal jy nederig bly ondanks bekendheid?

Dít is die vrae wat die karakters in die musiekblyspel Roem moet beantwoord. Dié stuk is geskryf deur bekroonde skrywer Deon Meyer met musiek en musiekregie deur Coenie de Villiers. Nicole Holm behartig die regie.

Die verhaal begin in Loxton in die Karoo en speel uit in die glans van die grootstad se liggies. Akteurs en musikante soos Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt, Nelandi Boshoff, Ryan Truter en Blake Hellaby is op die verhoog.

Eldon van der Merwe is meesterlik as storieverteller en ʼn ligpunt op die verhoog in die verskillende karakters wat hy vertolk.

Saam met ons in die gehoor was skoliere en hulle was gaande oor Eldon.

Die musiekblyspel is gesinsvriendelik: nooi gerus vir ouma en oupa en die kleinkinders saam as julle kaartjies bespreek.

Roem is by die Suidoosterfees te sien. Jy het nog kans om kaartjies te koop vir 1 Mei se vertoning om 14:30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.