Tap Dogs in Suid-Afrika te sien

Tap Dogs (Foto: Ralf Brinkhoff)

Dein Perry se Tap Dogs gaan binnekort Suid-Afrikaanse gehore met hul passies vermaak.

Die resensies van dié Australiese produksie is baie belowend en die dansers vir die beperkte Suid-Afrikaanse toergroep is aangekondig. Die toer begin op 22 Augustus in die Grand Arena by GrandWest in Kaapstad en is vanaf 29 Augustus by Montecasino in Johannesburg te sien.

Kaartjies is te koop by www.bigconcerts.co.za en Computicket (Kaapstad en Johannesburg).

Anthony J Russo:
Anthony het al op hoërskool geweet hy wil ʼn professionele danser word. Met meer as 17 jaar ervaring as professionele klopdanser vervaardig hy klopdansprogramme in Noord-Amerika. Hy het die toekenning as Outstanding Young Missourian ontvang van die Missouri Junior Kamer van Handelwese ontvang vir sy bydrae tot dansopleiding.

Nathaniel Hancock:
Nathaniel het al aan verskeie produksies wêreldwyd deelgeneem saam met van Australië se beste kommersiële en klopdansers. Hy is ʼn lid van Street Feet Entertainment en het selfs in die animasiefliek Happy Feet 2 verskyn.

Tap Dogs (Foto: Ralf Brinkhoff)

Richie Miller:
Richie se dansopleiding het by die Performing Arts Centre in St Charles, Missouri, begin saam met Anthony Russo. Ná sy gradeplegtigheid het hy by Tap Dogs aangesluit en toer sedert 2009 al saam met dié dansgroep. Hy was ook in Naomi Campbell se TV-reeks “The Face” te sien.

Chaise Rossiello:
Chaise dans al sedert hy vyf jaar oud is en het as 10-jarige al aan vertonings deelgeneem. Hy het oor Australië heen opgetree en daarna wêreldwyd toe hy in 2007 by Tap Dogs aangesluit het.

Justin Myles:
Justin is ʼn professionele danser en dansinstrukteur met opleiding in klopdanse, moderne dans en liggaamsperkussie. Hy het saam met STOMP opgetree waar hy as die hoofdanser opgetree het voor hy by Tap Dogs aangesluit het. Hy skryf en vervaardig sy eie musiek en is medestigter en direkteur van die klopdansmaatskappy, The JaM Project in Washington DC.

Reid Perry:
Reid het in 2016 by Tap Dogs aangesluit. Hy het as jong seun opleiding by Dein Perry ontvang by Tap Pups en het al oor Australië heen opgetree in produksies soos “A Chorus Line”.

Tap Dogs (Foto: Ralf Brinkhoff)

Sam Marks:
Sam se dansloopbaan het as kind begin toe hy aan produksies soos Les Misérables, The Wizard of Oz, CATS en Dirty Dancing deelgeneem. Hy is ʼn lid van die Tap Pack wat op passasiersbote optree. Hy was te sien in The X Factor op televisie.

Nathan Beech:
Nathan se passie vir dans het daartoe gelei dat hy al as 15-jarige saam met die Brothers of the Knight opgetree het. Hy het sedertdien saam met verskeie toergroepe wêreldwyd opgetree. Hy het in 2015 by Tap Dogs aangesluit.

Noriko Terada:
Noriko kan verskeie perkussie-instrumente bespeel en is bekend vir haar musiekopnames in gewilde videospeletjies soos Final Fantasy 13-3 Lightning Returns. Sy is ʼn opgeleide ballerina.

Catarina Percinio:
Catarina is ʼn Brasiliaans gebore perkussie-speler wat as 10-jarige haar musiekloopbaan in São Paulo, Brasilië, begin het. Sy tree by internasionale feeste op en bied musiekklasse aan in haar vrye tyd.

Dein Perry se Tap Dogs het al die afgelope 20 jaar in meer as 300 stede opgetree. Nou kan Suid-Afrikaners uiteindelik ook dié skouspel ervaar.

Kaapstad
Venue: Grand Arena, GrandWest
Vanaf 22 Augustus 2018
Prys: R215 – R360 *Tot 50% afslag vir alle vertonings buite spitstyd

Johannesburg
Venue: Montecasino
Vanaf 29 Augustus 2018
Prys: R310 – R410 *Tot 50% afslag vir alle vertonings buite spitstyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.