[Teater] Sandra Prinsloo – Moedertaal

Elke mens se lewe is epiese een, as jy op die regte manier daarna kyk. Vir Nellie, oud en lank al alleen, kom berusting in die vorm van herinneringe: haar man, haar kind, en die onvermydelike rivier van tyd, wat net in een rigting vloei…

Na die ongelooflike sukses van Die naaimasjien en Oskar en die Pienk Tannie keer Sandra Prinsloo terug in ʼn nuwe woordryke solovertoning, Moedertaal, ʼn beeldskone verhaal van deernis en liefde uit die pen van Nico Scheepers.

Scheepers is in 2017 met twee KykNET Fiëstas vir Rooivalk bekroon.

Moedertaal wys vir twee aande by die Atterbury-teater in Pretoria.
Datum: 21-22 Junie 2017 om 20:00
Kaartjies: R175
Besprekings: Computicket of 012 471 1700

Moedertaal is ook hier te sien:
Innibosfees, Nelspruit (5 – 7 Julie 2017)
Vrystaat Kunstefees, Bloemfontein (20, 22 Julie 2017)
Kalfiefees, Hermanus (12 Augustus 2017)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.