Tiener-toneel lewer beste van die bestes

Liam Walsh - Wenner van die Nasionale Toneelspelkompetisie 2015. Foto: Facebook.

Liam Walsh – Wenner van die Nasionale Toneelspelkompetisie 2015. Foto: Facebook.

Die Nasionale Toneelspel-kompetisie vir hoërskoolleerders (geborg deur kykNET) het nie net nodige blootstelling aan dié bedryf gegee nie, maar ook leerders se vaardighede getoets.

Sowat 500 leerders van oor die hele land het aan oudisies deelgeneem, waartydens net 70 gekies is om ʼn drie-dag-program by te woon. Die program het uit verskillende rondes bestaan waartydens leerders gedigte moes voordra, monoloë voer en hul improvisasievaardighede toon. Volgens ʼn deelnemer was die lekkerste deel van dié kompetisie die radiodrama-oudisie in RSG se radiodrama-ateljee asook die oudisie vir die televisiereeks, Binnelanders. Ná elke uitdunronde is punte toegeken en die beste agt leerders is gekies om deel te neem aan die finale ronde.

Op 16 Mei het dié finaliste hul onderskeie stukke opgevoer waar die wenner ook die aand gekroon is. Die 17-jarige Liam Walsh van die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes het as oorwinnaar uit die stryd getree.

Maroela Media het met Liam gesels oor sy ervaring en toekomsplanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.