‘Toutjies en Ferreira’, ‘Huishou’ ryg Fiësta-benoemings in

'Toutjies en Ferreira'. (Foto: Nardus Engelbrecht)

‘Toutjies en Ferreira’. (Foto: Nardus Engelbrecht)

Die kykNET Fiësta-toekennings vereer jaarliks die ryk oes teaterwerk en kunsuitstallings wat die afgelope feesjaar opgelewer het en die benoemings vir die 2019-pryse is pas bekendgemaak.

Luidens ʼn mediaverklaring deur kykNET was dit ʼn baie kreatiewe jaar vir kunstefeeste in Suid-Afrika. Die Fiësta-paneel, wat uit tien lede en ʼn sameroeper bestaan, het nagenoeg 230 debuutproduksies deur die jaar gesien op die ses vervaardigende feeste wat vir volgende jaar se kykNET Fiësta-toekennings in aanmerking kom.

Die US Woordfees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Suidoosterfees, Innibos Laeveld Kunstefees, Vrystaat Kunstefees en Aardklop Nasionale Kunstefees, het algar gesorg vir produksies van hoogstaande gehalte.

Die negende kykNET Fiësta-toekenningsaand vind Donderdagaand 14 Februarie 2019 in Kunstekaap in Kaapstad plaas en word soos vorige jare regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

'Babbelagtig'. (Foto: Verskaf)

‘Babbelagtig’. (Foto: Verskaf)

Die akteur Bennie Fourie sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Schalk Bezuidenhout, Gideon Lombard, Kay Karriem, Jarrid Geduld en Jill Levenberg as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Jo Black, Craig Lucas, Paxton, die Cape Dance Company, die Kaapstad Jeugorkes onder leiding van Chad Hendricks en Universiteit van Wes-Kaapland-koor.

John Kani en Sandra Prinsloo word vir hul bydrae tot die skeppende kunste vereer en Eduard Greyling vir sy bydrae tot die uitvoerende kunste en ballet.

'Klippe wat val'. (Foto: Verskaf)

‘Klippe wat val’. (Foto: Verskaf)

Die publiek sal van 3 Desember die geleentheid kry om vir hul gunsteling-fees te stem in die kategorie van “Fees van die jaar”. Meer besonderhede sal op ʼn later stadium bekend gemaak word.

Die Fiëstas, wat sedert 2011 toegeken word, is ʼn hoogtepunt op die feeskalender en dien as ʼn vertoonvenster van die ongeëwenaarde talent van Suid-Afrikaners in die uitvoerende kunste.

Hier is die volledige lys van benoemings:

Beste akteur
Albert Pretorius – Bloed en bodem
Frank Opperman – Toutjies en Ferreira
Neil McCarthy – Curse of the Starving Class
Wilhelm van der Walt – Klippe wat val

Beste aktrise
Cintaine Schutte – Huishou
Joanie Combrink – Toutjies en Ferreira
Lee-Ann van Rooi – Ons is almal freaks hier
Nadia Valvekens – Huishou

Beste mansbyspeler
Albert Pretorius – Ons is almal freaks hier
De Klerk Oelofse – Babbelagtig
Dean-John Smith – Klippe wat val
Dustin Beck – Kinnes

Beste vrouebyspeler
Anna-Mart van der Merwe – Swerfgoed
Esther von Waltsleben – Toutjies en Ferreira
Lee-Ann van Rooi – Kinnes
Sorina Erasmus – Antie Pohl

Beste regie
Ilana Cilliers en Wolf Britz – GodgOdgoD
Philip Rademeyer – Klippe wat val
Sylvaine Strike – Curse of the Starving Class
Nicole Holm en Wolf Britz – Toutjies en Ferreira

Beste teaterontwerp
The Loft Puppet Company (poppe) – Beloofde land / Promised Land
Wolf Britz en Ilana Cilliers (stelontwerp) – GodgOdgoD
Wolf Britz (scenografie) – Hierdie lewe
Wolf Britz (stelontwerp) – Toutjies en Ferreira

Beste spel in ʼn solo-produksie
Antoinette Kellermann – Hierdie lewe
Charlton George – Rokkie
Gérard Rudolf – Die kuns van verdwyn
Jefferson Dirks-Korkee – Rooilug

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks
Chase Rhys – Kinnes
Philip Rademeyer – Huishou
Philip Rademeyer – Klippe wat val
Saartjie Botha – Toutjies en Ferreira

Beste opkomende kunstenaar
Anoecha Krüger – Raak
Carla Smith – Bloed en bodem
Devonecia Swartz – NRNNSA en Prinz Bettliegend
Kanya Viljoen (regie en teks) – Raak

Beste prestasie in klassieke musiek
Charl du Plessis en Trio – Charl du Plessis Trio: Opposites Attract
Charl du Plessis en Trio  – Charl du Plessis Trio: Dis opera
Conroy Cupido en Odeion-musiekskool – Handel Masterpieces
Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan – Viool dialoog 

Beste prestasie in visuele kuns
Diane Victor – Little History: A Retroflection
Diane Victor – Skadu’s en lig / Shadows and Light
Emma Willemse – Argiewe van verlies en verlange
Willem Boshoff – Druid Walks

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug
Boontoe! Engelstemme
Degrees of Honour: Sibongile Khumalo, Gloria Bosman en Amanda Strydom en die US Jazz Band
kykNET Konsert
Rymklets van Oos tot Wes

Beste musiekgedrewe produksie: Podium
Amanda Strydom: Stadig oor die klippers 
Amanzi – Chant vir my dorsland
Gesnaarde gedigte
Lize Beekman: Stilte na die storm 

Beste musiekgedrewe produksie: Teater
Afrika, my verlange / Afrique mon désir 
David Kramer se Platteland
kykNET SOF Hip Pops
Lepeltjie vol snare 

Beste aanbieding
Babbelagtig 
GodgOdgoD
Klippe wat val
Toutjies en Ferreira 

Beste duo of ensemble
Babbelagtig
Huishou
Die avonture van Bal-Oog & Brommel – Moord in Ixiastraat
Toutjies en Ferreira

Beste vertaling of verwerking van ʼn bestaande werk
Fotostaatmasjien – Bibi Slippers en Wessel Pretorius
Hierdie lewe – Saartjie Botha
Die avonture van Bal-Oog & Brommel – Moord in Ixiastraat deur Sjaka Septembir
Tjieng tjang tjerries deur Jolyn Phillips en Jason Jacobs

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.