Trefferklug by Innibos-fees te sien

Lefra Produksies besoek vanjaar se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees met die trefferklug, My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou.

Dié skreeusnaakse klug, onder regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart, speel af in ʼn elegante pelssalon van Schaap, Schaap en Zuma.

Wynand van Vollenstee vertolk die rol van Arno Schaap, ʼn flambojante ekstrovert wat beplan om die pragtige jong onkleedanseres, Janie (Jennifer Myburgh), te verlei met behulp van ʼn peperduur pelsjas.

Ongelukkig vir Arno is Janie getroud met Harry Vlok (Phillru van Achterbergh) wat ongetwyfeld snuf in die neus sal kry as sy by die huis opdaag met ʼn duur jas. Dus verminder Arno die prys daarvan drasties en Janie probeer Harry oortuig om die jas vir haar aan te skaf, terwyl Arno dan die verskil in die prys persoonlik inbetaal.

Harry besef dat die jas ʼn winskoop is, en besluit om dit eerder vir sy skelmpie, Sue Knoll (Monica Muller), te koop. Arno is uit die veld geslaan deur die onverwagse gebeure en hy en sy assistent, Chris Haasbroek (Botha Enslin), word verder in die verleentheid gestel as Janie haar klere uittrek en weier om die salon te verlaat sonder die jas.

Hulle histeriese pogings om die pelsjas terug te kry en die naakte Janie te versteek, word verder omgekrap deur die onverwagse terugkeer van Arno se vrou, Maude (Marissa Claasen). Asof dit nie genoeg is nie, maak Sue se man, André (Francois van Rensburg), ook sy verskyning. En dan val kommandeur Holberg en sy vrou (Rouel Beukes en Elma Potgieter) ook tydig en ontydig in.

My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou is by Lowveld High in Figtreestraat op Woensdag 27 Junie om 18:00, Donderdag 28 Junie om 10:00, Vrydag 29 Junie om 20:00 en Saterdag 30 Junie om 09:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pietman ·

Gaan kyk gerus, dis puik vermaak, die vertoning in Atterbury gesien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.