Video: Agter die skerms by “Manne”

manne 3ʼn Groep universiteitsvriende herenig vir ʼn jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes in en slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei, die manne van die muise en die jagters van die prooi.

Die skrywer en regisseur van die teks, Chris Vorster, en die vervaardiger, Giep van Zyl, is ʼn gedugte span en is verantwoordelik vir die treffer-komedie Ooms wat verlede jaar op die planke was.

Vorster, voorheen in die rol van Ryno in 7de Laan, hou in dié jongste stuk ook sy lyf akteur en span saam met 7de Laners Hennie Jacobs (Diederik), Theodore Jantjies (Xander) en Francois Lensley (Marko) om hierdie vlymskerp aksie-komedie na die verhoog te bring. Die bekende komediant Hannes Brümmer is die vyfde lid van die span met ʼn gasverskyning deur die veteraan-akteur Deon Coetzee.

“Manne” word op Saterdag 24 Februarie in die Atterbury-teater in Pretoria aangebied. Kaartjies kos tussen R140 en R160 en is beskikbaar by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.