Altesaam 80 plaaslike en buitelandse dansers is tans in die bekende ballet, Swanemeer, by die Joburg-teater te sien.
Dansers van onder meer China en New York is saam met die Suid-Afrikaanse dansers op die verhoog te sien. Die diversiteit van die dansers bied ʼn hele paar uitdagings, soos die choreografie. Die kreatiewe direkteur van Joburg-ballet, Iain McDonald, sê kommunikasie met die dansers was ook ʼn probleem aangesien baie van hulle nie Engels kan praat nie.
Die balletgeselskap sê terwyl groot dele van die land gebuk gaan onder aanvalle van xenofobie, wys die produksie hoe kuns mense kan verenig.