Video: Dowwe Dolla moet óók belasting betaal!

Dowwe Dolla gee raad oor belasting in die produksie "Dowwe Dolla betaal belasting".

Dowwe Dolla gee raad oor belasting in die produksie “Dowwe Dolla betaal belasting”.

ʼn Videogesprek met Dowwe Dolla volg onderaan die berig.

Is jy raadop met jou belastingvorms? Geen probleem nie: Dowwe Dolla het vir jou raad!

In haar verhoogstuk Dowwe Dolla betaal belasting vertel die minlike Dolla van haar ervaring om ʼn belastingopgawe in te dien.  Sy het gaan raad vra by kenners soos Kenny Kunene en Rashid van die Vlaktes om uit te vind hoe belasting werk.

Dowwe Dolla betaal belasting is by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien en Maroela Media het met haar oor dié produksie gesels. Kyk gerus die video hieronder. Maroela Media is boonop die mediavennoot by Girls High, die venue waar dié produksie opgevoer word. Klik hier om meer te lees.

Kaartjies is hier beskikbaar teen R110 per persoon.

Die 2014 Clover Aardklop Nasionale Kunstefees se feesprogram is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.