[Video] Foxwood-kunstefees begin op ‘monumentale’ noot

Sandra Prinsloo en Ton Vosloo

Sandra Prinsloo en Ton Vosloo. Foto: Burger Meyer

Die kykNET Foxwood-kunstefees het gister by die Foxwood-huis in Houghton, Johannesburg, begin.

Ton Vosloo, beskermheer van dié fees, het die fees amptelik geopen en is ook vereer toe sy handafdrukke in die Tuin van Roem geplaas is waar talle ander bekendes se afdrukke reeds pryk. Die Foxwood-huis is ook as monument verklaar.

Maroela Media het ʼn draai by die fees gaan maak om met een van organiseerders, Jan Groenewald, te gesels oor die fees en waarna Gautengers kan uitsien. Ons het ook gesels met Sandra Prinsloo wat die rol van gasvrou inneem vir dié kunstefees.

Die kykNET Foxwood-kunstefees is tot 18 Oktober by die Foxwood-huis in Houghton, Johannesburg, aan die gang. Kaartjies is beskikbaar by webtickets. Vir nog inligting besoek die Foxwood-fees se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.