[Video] Je-Ani vertel oor senuwees, opwinding tydens solo-debuut

Je-Ani Swiegelaar (Foto: Instagram)

Die Binnelanders-aktrise Je-Ani Swiegelaar is Dinsdag tydens haar debuut-vertoning by die Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom met ʼn staande applous toegejuig vir haar solostuk, Sê my naam soos ʼn starbuck’s knaap.

“Dit was senutergend in die begin, maar dit was verskriklik lekker – die mense het dit geweldig goed ontvang en dit was wonderlik om te ervaar. Die senuwees sal seker maar altyd daar wees, maar ons het so hard gewerk en gerepeteer, dat dit nie anders as suksesvol kan wees nie,” vertel sy.

Swiegelaar sê dit is belangrik dat feesgangers nie nét op die terrein smul nie, maar ook die kunste ondersteun. “Dis belangrik dat mense die produksies ondersteun. Ek is baie gelukkig op die sepie – maar met dié fees kry ons die geleentheid om ons veelsydigheid te wys. Jy kan die akteurs ook in ʼn ander luim sien. Verhoogproduksies is hoe stories jare gelede begin het selfs voor televisie en flieks – dit is ‘lewendige teater’ en ons waardeer dit as mense ons ondersteun.”

Maroela Media het ʼn paar vrae aan Swiegelaar gestel op die Aardklop-feesgronde.

Sê my naam soos ʼn starbuck’s knaap is nog te sien op 5 Oktober om 13:00, 6 Oktober om 20:00 en 7 Oktober om 20:00. Kaartjies is beskikbaar op Computicket.

Lees Maroela Media se resensie oor Sê my naam soos ʼn starbuck’s knaap.

Aardklop ondersteun die Teaterbystandsfonds – die kunste en vermaaklikheidsbedryf se enigste hulpfonds. As geregistreerde niewinsgewende-organisasie (wat 18 A Belastingaftrekkingsertifikate uitreik) is die TBF  totaal afhanklik van donasies om veral hulpbehoewende bejaarde kunstenaars te onderhou. Jou donasie is die applous wat ʼn lewe kan red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.