[Video] Leandie en Je-Ani se Aardklop-oorlewingsgids

Je-Ani Swiegelaar en Leandie du Randt-Bosch (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Feesgangers sit dikwels met ʼn penarie: Een oomblik is dit só warm dat jy jouself met sonbrandroom moet pantser en die volgende oomblik sak ʼn stortbui uit wat jou noop om jou reënstewels uit ʼn diep kas te gaan grawe.

Daar is gelukkig geen rede om paniekerig te raak nie: Die Afrikaanse aktrises Leandie du Randt-Bosch en Je-Ani Swiegelaar – Maroela Media se eie feesghoeroes – help met ʼn Aardklop-oorlewingsgids.

Leandie en Je-Ani, wat na hulself as Je-Andie Swiegelbosch verwys, het ʼn lys van tien móét-hê-items saamgestel as jy vandeesweek nog die Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom gaan aandurf.

Je-Ani se soloproduksie, Sê my naam soos ʼn Starbuck’s knaap, is nog te sien op 6 Oktober om 20:00 en 7 Oktober om 20:00. Kaartjies is beskikbaar op Computicket. Lees ook Maroela Media se resensie oor dié produksie.

Leandie het onlangs ʼn dagbeplanner bekend gestel. Bestel dié dagboek op Skoonma.com.

Aardklop word nog tot 8 Oktober in Potchefstroom aangebied. Kaartjies vir alle produksies is beskikbaar by Computicket. Toegang tot die feesterrein op Die Bult kos R20. ʼn Weekkaartjie sal jou R60 uit die sak jaag. Vir meer inligting besoek Aardklop se webwerf.

Aardklop ondersteun die Teaterbystandsfonds – die kunste en vermaaklikheidsbedryf se enigste hulpfonds. As geregistreerde niewinsgewende-organisasie (wat 18 A-belastingaftrekkingsertifikate uitreik) is die TBF totaal afhanklik van donasies om veral hulpbehoewende bejaarde teatermense te onderhou. Jou donasie is die applous wat ʼn lewe kan red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.