‘n Video van die gesprek met Marion Holm volg onderaan die berig.
Marion Holm se eenvroustuk laat die gehore altyd skater van die lag en verlede jaar het Holm: ge-MARION-neer juis dit gedoen. Marion is ook betrokke agter die skerms met die skryf van verhoogstukke, die regie daarvan en selfredigering.
Sy het vanjaar ʼn paar ysters in die vuur onder meer Gedigte sonder Grense, Koetjies & Kalfies, Ditjies & Datjies, Voorskoot en Lipstiek, Die Oudisie asook haar nuwe eenvrouvertoning, HOL Marion!
Marion het onlangs gerepeteer aan een van haar produksies by die Centurion Teater en Maroela Media het gaan inloer om met haar te gesels oor ʼn paar van die projekte wat sy aangepak het. Ons het ook met haar gesels oor haar liefde vir kosmaak en sy deel ʼn storie van haar ervaring met ʼn oudisie wat jou sal laat skater van die lag.
Besoek haar webwerf vir meer inligting oor haar program en wanneer en waar haar produksies te sien is.