Video: Première van Babalas

Die nuwe Suid-Afrikaanse rolprent Babalas begin op 2 Augustus in teaters draai.

ʼn Video van die première en ʼn lokprent van Babalas volg onderaan die berig.

Mia (Tammy-Anne Fortuin) werk vir ʼn vermaaklikheidsagentskap wat ʼn geleentheid reël om die suksesvolste advertensieveldtogte in die geskiedenis van demokratiese Suid-Afrika te vier.

Mia stel voor dat hulle vir Boet, Swaer en Mogae van die bekende ou Castrol-advertensies moet betrek by dié geleentheid.  Mia vaar die Kalahari binne op soek na die drie manne. Sy tref die drie op presies dieselfde plek aan waar hulle nog steeds op die bankie, op die stoep van hulle klein vulstasie, sit.

Boet (Ian Roberts) is egter nie meer daar nie: hy ontvang terapie op Hotazhel. Intussen het Neef (Jack Parow) nou sy plek ingeneem.

Na ʼn lang proses oorreed sy uiteindelik vir Boet, Swaer (Norman Anstey) en Neef om saam met haar terug te gaan Johannesburg toe, maar dit het rampspoedige gevolge.

Ten spyte van die feit dat die titel en sommige van die tonele mens herinner aan ʼn soortgelyke Amerikaanse rolprent, is Babalas lekker ligte vermaak en sal gehore dit geniet om weer die karakters van die advertensies te sien.

Babalas begin 2 Augustus in teaters draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.