Sandra Prinsloo is vanjaar tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien in die immergewilde produksie Die Naaimasjien. Sandra ondergaan omtrent ʼn metamorfose vir dié verhoogstuk.
Maroela Media het by haar ʼn draai agter die verhoog gaan maak waar sy haar grimering vir die produksie aanwend en wys hoe sy haar in haar heelwat ouer karakter verander.
Die Naaimasjien is op 9 Oktober om 20:00 by Clover Aardklop te sien. Kaartjies is hier beskikbaar teen R130.