Video: Snaaks, snaakser … Marion Holm

Marion Holm vir Beginners. Foto: Robert Hamblin

Marion Holm vir Beginners. Foto: Robert Hamblin

As jy nog nooit die voorreg gehad het om Marion Holm in aksie te sien nie, is haar nuwe eenvrouvertoning Marion Holm vir Beginners net vir jou. Selfs al het jy al haar vorige eenvrouvertonings al gesien kan jy nie hierdie produksie misloop nie.

Marion, wat gewoonlik by kunstefeeste te sien is, het haar beste stories uit haar vorige eenvrouvertonings gekies en saamgesit in een produksie wat slegs by Monte Casino en Theatre on the Bay te sien is. Die gehoor word ingelei in die wêreld van Marion en haar familie wat in elke vertoning sorg vir groot vermaak.

Al die stories word op ʼn vars manier aangepak en oorvertel, maar wanneer sy met ʼn storie begin wat die gehoor herken, krul jou tone omtrent om van die lekker omdat jy weet waarheen hierdie storie op pad is. Marion Holm vir Beginners laat jou lag vir vele redes: Jy lag vir haar skreeusnaakse oorvertelling van ʼn storie, maar ook omdat jy soms jouself in die storie herken.

Dit is egter veel meer as net ʼn komiese verhoogstuk. Marion laat jou ook nadink so tussendeur die lag wanneer sy begin praat oor die ernstiger stories.

Marion Holm vir Beginners is ewe veel bedoel vir iemand wat glad nie bekend is met Marion nie as vir iemand wat nooit ʼn produksie misloop nie.

Maroela Media het met Marion gesels oor Marion Holm vir Beginners en hoekom sy besluit het om die produksie aan te pak. Ons gesels ook met haar oor hoe sy die ernstiger temas in haar lewe in ʼn komiese storie verwerk.

Marion Holm vir Beginners is tot 9 Augustus by die Pieter Toerien Studio by Monte Casino te sien. Kaartjies tussen R100 en R165 is hier beskikbaar. Daarna is dit by Theatre on the Bay in Kampsbaai te sien. Kaartjies teen R153 en R170 is hier beskikbaar.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.