[Video] TBF: ʼn Régte kroon vir Kersfees, vra Margit

Margit-Meyer-Rodenbeck.jpg

Margit Meyer-Rödenbeck.

Suid-Afrika se geliefde aktrise, Margit Meyer-Rödenbeck, sê sy wil graag vanjaar ʼn regte kroon in haar Kerskous kry. “Ek dra my ses-jarige dogtertjie sʼn om takies in die huis te verrig waarvan ek effe minder hou,” skerts die blonde aktrise. “Ek dra die kroon as ek skottelgoed was, as ek in die tuin werk of as ek gym toe gaan,” spot sy.

Margit is veral bekend as komediant en sy vermaak gehore al vir 15 jaar lank met haar skreeusnaakse karakter, Dowwe Dolla. Sy hou ook haar lyf seremoniemeester, spreker, radio-omroeper en stemkunstenaar.

Al jou gunsteling Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek hier om die fonds te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.