[Video] TBF: ‘Ons mis gaafheid in Suid-Afrika,’ sê Marion

Marion-Holm

Marion Holm. Foto: www.litnet.co.za

Marion Holm, een van Suid-Afrika se gewildste aktrises, sê ons kort gaafheid en vrygewigheid in Suid-Afrika. Haar hoop is dat mense hierdie Kersfees met mekaar sal gaaf wees.

“Jy hoef nie eers so ver te gaan as om jou naaste líéf te hê nie,” skerts sy. “Solank ons gaaf is.”

Sy het ook haar teleurstelling uitgespreek oor ʼn hekelpen wat sy een jaar as Kersgeskenk ontvang het. “Wat aan my lyk asof ek wil hekel?” vra sy gemaak-verontwaardig.

Marion het geen bekendstelling nodig nie. Sy is nie net ʼn verhoogaktrise wat al in meer as 60 teaterproduksies opgetree het nie, maar is ook ʼn bekende gesig op televisie. Sy sit ook gereeld haar regisseurs- en teksskrywershoed op.

Sy is tans in die Wes-Kaap op die planke in haar solovertoning Die Kaap is weer Holms.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.