ʼn Agter-die-skerms-video volg onderaan die berig.
VerSKRIKKELik SNAAKS is ʼn Afrikaanse verhoogproduksie wat bestaan uit ʼn unieke kombinasie van skerpskerts- en komediesketse.
Volgens Tobie Cronje, een van die akteurs in die produksie, is die produksie verlede jaar tydens skrikkeljaar op die planke gebring en vandaar die titel. Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer is die skerpskertsers (oftewel ‘Stand-up Comedians’) wat die gehoor vermaak met onder meer improvisasiekomedie wat geïnspireer word deur idees uit die gehoor. Tobie, Lizz Meiring en Karin Wessels doen ʼn verskeidenheid van komediesketse.
Lizz sê VerSKRIKKELik SNAAKS is kompilasie van verskillende komediestyle. “Ek glo dat mense min of meer almal vir dieselfde dinge huil, maar hulle lag nie altyd oor dieselfde dinge nie. Wat vir die een snaaks is, is vir ʼn ander een verbode,” sê Lizz. “Elke aand sien ek iets wat my verras.”
VerSKRIKKELik SNAAKS sal ook by Aardklop te sien wees waar Hannes Muller Tobie se plek in die produksie sal inneem.