Wen: ‘Binnelanders’-sterre is ‘KeelVOL’ in Mosselbaai

Je-Ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys, die twee geliefde akteurs wat onlangs ewig trou beloof het in die kykNET-sepie Binnelanders, is dié week in Mosselbaai met hul produksie KeelVOL.

Dit is Swiegelaar en Geldenhuys, wat die rolle vertolk van Naomi Ferreira en Louis Koster in Binnelanders, se eerste keer saam op die verhoog.

Dié produksie beloof om die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte aan te raak. Kom wees deel van hierdie unieke teaterervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ʼn wêreld wat jou soms wil stilmaak.

Dirk Havenga (Geldenhuys) is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ʼn terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ʼn gordyn van sarkasme en harde werk.

Mariëtte Labuschagne (Swiegelaar) werk in ʼn boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van ʼn loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en optree. Sy is spontaan, lewenslustig en altyd gereed met ʼn grappie of ʼn storie.

Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk? Hierdie kombinasie kan óf ʼn resep vir ʼn ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

KeelVOL is op Donderdag 26 Desember in die Bravo Lounge in die Garden Route-casino in Mosselbaai te sien. Kaartjies is by Computicket of by die venue beskikbaar.

Wen

Drie lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Donderdagaand se produksie van KeelVOL. Vul die onderstaande vorm in om in te skryf. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Die kompetisie sluit op 25 Desember om 17:00.

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.