Wen: ‘Die Kaplyn’ is terug op die planke

Abel Knobel in ‘Die Kaplyn’. (Foto: verskaf)

ʼn Verhaal van familie, vergifnis en die verlore seun wat uiteindelik sy nederige terugkeer na sy vaderhart en -huis gemaak het.

Dít is wat kykers kan verwag wanneer hulle later vandeesmaand hulle teatersitplekke inneem om Die Kaplyn te kyk.

Dié musiekblyspel, geskryf deur Jannes Erasmus, het byna ʼn jaar gelede vir die eerste keer op die AfriForum Teater se planke gedraai, en keer eersdaags terug vir nóg ʼn speelvlak.

Dié verhoogproduksie het verlede jaar diep in teatergangers se harte gekruip en het intussen sewe benoemings vir die Naledi-teatertoekennings ontvang.

Dit is onder meer benoem vir beste ensemble, beste oorspronklike klankbaan (geskryf deur Johan Vorster, Jacomien de Wet en Francois Lessing), beste klankontwerp, beste regisseur, beste manlike byspeler (Dihan Keun), beste hoofrolvertolking (Abel Knobel) en algehele beste musiekproduksie.

Die Kaplyn speel in die tagtigs af en vertolk ʼn oorlogsverhaal wat alombekend in Suid-Afrikaanse huise is.

“Mense moet Die Kaplyn met ʼn oop gemoed kom kyk,” sê Erasmus, skrywer en regisseur van Die Kaplyn.

“Ons sien uit na  ʼn musiekblyspel wat ons gaan terugvat na die tagtigs toe. Daar is ʼn inry, daar is valskerms, daar is mense wat uit vliegtuie spring.

“Dit is iets waarna ons jonger mense met heimwee kyk en wens dat ons dit nog kon hê. Die ouer garde gaan weer hier kom sit en sê: ‘dis hoe dit was’ – en daarna sien ek uit.”

  • Die Kaplyn sal van 26 April tot 9 Junie by die AfriForum Teater in Pretoria te siene wees. Koop jou kaartjies hier.

Wen!

Twee gelukkige Maroela Media-lesers staan die kans om elkeen ʼn stel dubbelkaartjies vir Die Kaplyn te wen. Die vertoning sal op Sondag 28 April plaasvind.

Vul die kompetisievorm hieronder in om in te skryf.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Woensdag 24 April om 23:45.
  • Die twee wenners sal Donderdag 25 April aangewys word.
  • Die vertoning vind Sondag 28 April by die AfriForum Teater in Pretoria plaas.
  • ʼn Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rerig ·

Dit lyk na n great show, net jammer al hierdie produksies en produksie spanne weet nie dat mense in ander provinsies soos die Kaap ook kultuur het en waardeer en wil dit ook sien – alles word net in Gauteng gedoen – Kaplyn, Die Gelofte, Afrikaans is Groot, Krone – nee regtig ons smag ook daarna om die shows te sien!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.