Wen: ‘Drie susters’ vat die pad

Lizz Meiring, Margit Meyer-Rodenbeck, Nicole Holm (Foto: Robert Hamblin)

Die sterbelaaide Drie susters-produksie, met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm, het reeds by die 2018- Innibos Kunstefees in Nelspruit gedebuteer, maar nou is daar geen verskoning meer om nog nie na die produksie te gekyk het nie.

Drie Susters sal nou ook by die Atterbury Teater in Pretoria, die Woordfees in Stellenbosch, die KKNK in Oudtshoorn en nog talle ander plekke vanjaar te sien wees.

Hierdie produksie gaan oor Christine (Lizz), Anel (Margit) en Bianca (Nicole) wat wag op hul vlug na Thailand wat vertraag is. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se verjaarsdaggeskenk aan haar.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge word lewenskeuses uitgepluis en ou koeie uitgegrawe. Want hier sit hulle nou.

Bianca is “hoog op kalmeerpille” en vas oortuig sy’t hul verlore ma gesien. Anel praat met ʼn aantreklike man. Christine maak haar oë toe. Sy droom van stilte. Absolute stilte. Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn. Sy mag dit nie dink nie, maar … sê nou maar Thailand is die antwoord.

Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos?

Drie susters word bestempel as ʼn “dramedy” (ʼn mengsel tussen ʼn drama en ʼn komedie) wat geskryf is deur Louis Pretorius van Die Boekklub-faam.

Wen

Drie gelukkige lesers het ʼn kans om ʼn dubbelkaartjie na die Drie susters-vertoning by die Atterbury Teater in Pretoria, 21 Februarie 2018, te wen. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit 15 Februarie om 08:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.