Wen: Gautengse Filharmoniese Orkes by die Brooklyn-teater

mandolienDie Gauteng Filharmoniese Orkes, ʼn nie-winsgewende organisasie, lewer twee uitmuntende konserte op 10 en 11 Februarie by die Brooklyn-teater saam met twee internasionale kunstenaars.

Hierdie opwindende vertoning bevat ’n keurige samestelling van barokmusiek vir die kenner en liefhebber. Die Israeliese mandolienspeler Alon Sariel is vanjaar terug ná die dawerende sukses van verlede jaar se uitvoering van die Hummel Mandolin Concerto. Hy dirigeer ook die konsert.

Die jong Duitse sopraan Hanna Zumsande is ook deel van dié uitsonderlike projek. Zumsande is ’n sangeres wat haar hoofsaaklik toespits op barokmusiek en het al dikwels saam met Sariel in Duitsland en elders in Europa opgetree.

Op die program pryk daar altesaam twee uitstekende mandolien-concerti, naamlik die Barbella en die Vivaldi. Die orkes is verklein as ’n tradisionele barokorkes van strykers en houtblasers om ’n intieme groep in ensemble met die mandolien te vorm.

Kaartjies vir die vertoning kos tussen R160 en R310. Vir besprekings skakel die Brooklyn-teater by 012 460 6033.

WEN: Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning van die Gautengse Filharmoniese Orkes se Vivaldi Mandolin Concerto op Saterdag 10 Februarie by die Brooklyn-teater in Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Wie is die Israeliese mandolienspeler wat die konsert dirigeer? Die kompetisie sluit op Vrydag 9 Februarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.