Wen kaartjies na ‘n klassieke vertoning op 10 April

Hierdie kompetisie is gesluit: Geniet ‘n klassieke oggend by die Centurion Teater op 10 April 2012.

Marten Mathys Van Wyk vertolk Beethoven se Klavier Sonata no 23, “Appassionata”, op die klavier sowel as kort werke van Brahms, Liszt en Debussy.

Die vertoning vind die oggend om 11:00 by die Centurion Teater plaas.
Kaartjies kos R50-00 en sluit ‘n gratis koffie of tee in.
Besoek Centurion Teater se tuisblad om meer inligting te bekom.

Jy kan twee kaartjies na dié vertoning wen!
Stuur jou naam en kontakbesonderhede na [email protected] met “Klassieke Dinsdae” in die onderwerpveld.

Neem kennis dat ons slegs met die wenner in verbinding sal tree. Indien jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die kaartjies gewen het nie. Die prys sluit slegs die twee kaartjies in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.