[Wen] Liewe Heksie en haar Blommeland-maats besoek Pretoria

Teatergangers kan daarna uitsien om in Desember vanjaar Liewe Heksie op die planke te sien. Foto: Verskaf

Teatergangers kan daarna uitsien om in Desember vanjaar Liewe Heksie op die planke te sien. Foto: Verskaf

Liewe Heksie en haar Blommeland-maats is op 19 Desember vir ʼn enkelvertoning te sien in die Pierneefteater in Villieria, Pretoria.

Kort voor haar dood het Verna Vels, skrywer van die Liewe Heksie-boeke, ’n nuwe produksie met ander kinkels vir Lefra Produksies geskryf. Dié produksie onder leiding van die regisseur Frans Swart is al sedert 2009 op die planke en heet Liewe Heksie en die tuindwergie.

“Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ʼn tuindwergie ontmoet,” het Vels destyds gesê. “Ek wou sien wat Heksie met die tuindwergie doen. En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom! Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie, aan.”

Swart sê hy is opgewonde om die produksie na Pretoria te bring. “Liewe Heksie het deur die jare ʼn groot invloed op my lewe gehad. Ek was onder meer kameraman op die Heksie-televisiereekse. Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse. Dit is vir my ʼn besondere eer om Liewe Heksie en die tuindwergie op te voer. Dis so besonders, want dis ʼn vars en splinternuwe storie,” sê Swart.

Akteurs soos Anmari van Achterbergh, in die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin, Anel du Plessis en Phillru van Achterbergh is in die stuk te sien.

Bel die teater by 012 329 0709 vir besprekings of stuur ʼn e-pos na [email protected]. Vir groepbesprekings en skoolbesprekings kan Lefra Produksies gebel word by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Hierdie kompetisie is gesluit: Twee lesers kan elkeen ‘n gesinskaartjie (vier kaartjies) wen om Liewe Heksie in die Pierneefteater in Villieria op Saterdag 19 Desember om 10:00 te sien. Om deel te neem aan Maroela Media en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: Lefra Heksie Maroela Media, die naam van die produksie, jou naam en van en jou stad of dorp. Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word na [email protected] met LEFRA & Maroela Media se Heksie-kompetisie as onderwerp. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal. SMS’e kos R1,50 elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.