Wen: Nianell weer op verhoog ná sewe jaar

Vir die eerste keer in sewe jaar gaan Nianell weer op die verhoog te sien wees in die Atterbury-teater in Pretoria.

Nianell gaan ou bekende liedjies soos “Who Painted the Moon Black” en “Life’s Gift” sing, asook ses splinternuwe snitte van haar jongste werk.

Nianell het die afgelope paar jaar minder op musiek en meer op lewensafrigting gefokus. Sy het twee boeke, Knowing Who I Am en Life Simplified, gepubliseer, wat handel oor die tema dat die lewe nie met mense gebeur nie, maar dat jy, saam met God, ʼn medeskepper van jou lewe is.

Sy bied ook sessies aan waarin sy mense leer om hulself te aanvaar nes hulle is. Sy gebruik musiek om mense te help om met hul gevoelens in aanraking te kom.

Vir hierdie optrede gaan Nianell weer haar musiekbaadjie aantrek en die gehoor met haar sang betower. Sy gaan ook, saam met ʼn volledige orkes, agter die klavier inskuif.

Nianell sê haar jongste liedjies verteenwoordig hoe sy tans in haar lewe voel – gelukkig, selfversekerd en tevrede. Een van dié liedjies “Shine” handel juis daaroor dat sy uiteindelik in ʼn plek in haar lewe is dat sy gemaklik is met wie sy is en gereed is om te skyn.

“Dit was vir my ʼn reis om te kom waar ek nou is, maar ek het net weer besef hoe belangrik dit is dat die buitewêreld nie jou lig moet demp nie. Jy is in beheer van jou eie lewe en lig. Nie een ander mens is jy nie, en niemand anders kan jou lig laat skyn nie.”

“Dit [haar jongste liedjies] herinner my aan die diep aanvaarding, vrede en geluk wat ek vir myself het. Ek probeer nie meer die buitewêreld beïndruk nie en ek vind nie geluk buite myself nie. Ek hoop dit kan ander help om ook so te voel.”

Kaartjies vir die optrede kan hier gekoop word.

Wen

Nianell gaan vir slegs een aand, Sondag 6 Junie om 18:00, in die Atterbury-teater in Pretoria te sien wees. Drie gelukkige Maroela Media-lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen vir dié optrede. Die kompetisie sluit Vrydag 28 Mei om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum van die kompetisie is Vrydag 28 Mei 2021 om 23:45.
  • Die beslissing deur die beoordelaars is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys word verskaf deur Tania Fourie Promosies.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Maroela Media, Tania Fourie Promosies en die Atterburyteater is nie verantwoordelik vir enige skade of verlies wat jy of jou metgesel mag ly voortspruitend uit die kompetisie nie.
  • Drie aparte wenners ontvang elkeen ‘n dubbelkaartjie om die vertoning by te woon.
  • Die prys sluit enige uitgawes soos reis, verblyf, etes en drankies uit.
  • Die wenners sal op Maandag 31 Mei by Maroela Media se Facebookblad aangekondig word.
  • Die wenners sal telefonies deur Tania Fourie Promosies gekontak word om te reël waar die kaartjies beskikbaar gaan wees.
  • As jy instem mag Maroela Media jou persoonlike besonderhede stoor en jou kontak vir promosies en vrywillige ondersteuning.
  • Personeellede van Maroela Media, Tania Fourie Promosies en die Atterburyteater kom nie in aanmerking vir die prys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.