Die akteur Pieter-Dirk Uys, beter bekend as die satiriese sosiale aktivis Evita Bezuidenhout, is vir die eerste keer in 20 jaar in Pretoria by die Brooklyn-teater in verskeie produksies te sien.
Dié legendariese akteur, wat sedert 1980 op die verhoog is en al meer as 7 000 optredes gedoen het, is op 12 en 13 Oktober te sien in An Evening with Evita Bezuidenhout. Dit word beskryf as ʼn “inspirerende, transformasionele, snaakse, tipies-Suid-Afrikaanse” vertoning.
In dié satiriese vertoning lewer Evita haar mees onlangse Staatsrede en fokus op die behoefte om die negatiwiteit wat Suid-Afrika se samelewing beïnvloed te verskuif na ʼn optimisme wat hoop en opwinding inhou vir die toekoms van die land.
Op 14 en 15 Oktober is Pieter-Dirk te sien in die verhoogstuk Adapt or Fly. Dié stuk is ook satiries van aard en lewer sosiale kommentaar oor Suid-Afrikaanse “ikone en aikonas” – vanaf die oud-staatspresident DF Malan regdeur tot by aardsbiskop Desmond Tutu.
WEN: Twee lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Pieter-Dirk Uys se vertoning van An Evening with Evita Bezuidenhout op Vrydag 13 Oktober of Adapt or Fly op Saterdag 14 Oktober by die Brooklyn-teater. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na [email protected]. Vraag: Hoeveel vertonings het Pieter-Dirk Uys al gelewer? Die kompetisie sluit 12 Oktober. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit.
Arme Pretoria…
Arme jy.