Ná die ongelooflike sukses van Die naaimasjien en Oskar en die pienk tannie is Sandra Prinsloo nou te sien in ʼn nuwe solostuk, Moedertaal.
Elke mens se lewe is ʼn epiese een, as jy op die regte manier daarna kyk. Vir Nellie, oud en lank al alleen, kom berusting in die vorm van herinneringe: haar man, haar kind, en die onvermydelike rivier van tyd wat net in een rigting vloei.
Dit is ʼn beeldskone verhaal van deernis, liefde en Afrikaans uit die pen van Nico Scheepers. Scheepers is in 2017 met twee kykNET Fiësta-toekennings vir die teaterproduksie Rooivalk bekroon.
WEN: Drie gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die vertoning van Moedertaal in die Brooklyn-teater in Pretoria op 2 Februarie. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Wie is die skrywer van Moedertaal? Die kompetisie sluit op Maandag 29 Januarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit.