Wen: Sorina en die Tjominis kuier in AfriForum-teater

Sorina Erasmus en die Tjominis. (Foto: Verskaf)

Sorina Erasmus, die sangeres en aktrise ook beter bekend as Die Flooze, het verlede jaar te midde van die inperking Tjominis, ʼn splinternuwe opvoedkundige platform vir kinders, bekend gestel.

Erasmus het as ma van twee spruite ʼn behoefte vir ouderdomgepaste, opvoedkundige vermaak vir kinders raakgesien, veral in Afrikaans. “Die Flooze is nie hier betrokke nie, dit is net ek as mamma Sorina,” sê sy.

Erasmus vertel sy het sowat vyf jaar gelede die konsep vir die platform begin ontwikkel, maar dat die projek eers deur moederskap en toe ander verpligtings as sangeres en aanbieder eers opsy geskuif is.

Die platform, wat deur ‘Tjomamma’ Sorina en die vier Tjomini-karaktertjies – Bushaka, Apertjoe, Cheeka-Cheeka en Krokkija – gelei word, bestaan tans uit nege opvoedkundige afdelings vir kinders tot sewe jaar oud.

Hierdie afdelings sluit in “Tjomini Tunes” met stories en liedjies, “Dieremaniere” oor diere en hul dinge, “Bid Buddies” wat gewyde oudio-dagstukkies behels, “Plesier en avontuur” waar gebak en brou en in die modder gespeel word en “Wonderwêreldwiel”, waarin lande en plekke oor die wêreld verken word. Daar is ook ʼn aparte afdeling vir kleuterskole, “Tjomini Skool”, met inhoud wat spesifiek op kleuterskole gerig is.

Sorina en die vier Tjominis is Saterdag 15 Mei om 10:00 in die AfriForum-teater in Pretoria te sien. Kaartjies kos R45 per persoon en is hier beskikbaar.

Ouers kan op die Tjominis-platform registreer en nuwe inhoud word maandeliks verskaf. Besoek die Tjominis-webwerf hier of laai die app hier af.

Wen: Vyf gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen na die Tjominis se aanbieding in die AfriForum-teater in Menlopark, Pretoria, op Saterdag 15 Mei. Die vertoning begin om 10:00 en duur tot 10:50. Die kompetisie sluit op Woensdag 12 Mei om middernag.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die wenners sal lukraak uit die inskrywings gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Slegs vyf wenners word aangewys en elkeen sal ʼn dubbelkaartjie na die Tjominis-aanbieding in die AfriForum-teater ontvang.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys kan ook nie vir enige ander geleentheid omgeruil word nie.
  • Die organiseerders van die geleentheid sal direk in verbinding met die wenners tree oor die kaartjies.
  • Die wenners se name sal op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Lees ons privaatheidsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.