Wen: ‘Team Zoid’ by die Oude Libertas-teater

team zoid

Thembeka Mnguni en Samantha Leonard. (Foto: Verskaf)

Thembeka Mnguni en Samantha Leonard het aanhangers gaande gehad tydens die The Voice-sangkompetisie op M-Net. Nou snoer dié twee talentvolle sangeresse, wat albei deur Karen Zoid gementor is tydens dié kompetisie, kragte saam en sal in die kollig wees vir ʼn hoendervleis-mooi en vermaaklike produksie Love is in the air.

Saam wys Thembeka en Samantha hul talent en vermoë om alle genres met absolute gemak te kan sing. Met klavierbegeleiding sing hulle van Alicia Keys se “Falling” en Edith Piaf se “No Regrets” tot Sam Smith se “Stay With Me”.

Kaartjies vir die vertoning kos R200 en is beskikbaar deur Computicket.

WEN: Vyf gelukkige Kaapse lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen vir die vertoning Love is in the air op 14 Februarie by die Oude Libertas-teater in Kaapstad. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Aan watter sangkompetisie het Thembeka en Samantha deelgeneem? Die kompetisie sluit Maandag 12 Februarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.