Wen: ‘The Inconvenience of Wings’ by die Baxter-teater

Lara Foot se bekroonde toneelstuk, The Inconvenience of Wings, is eersdaags weer op die planke by die Baxter-teater in Rondebosch in Kaapstad.

Sedert sy première in 2016 het die toneelstuk gehore tydens die Grahamstad Nasionale Kunstefees bekoor en sale van onder meer die Baxter- en die Mark-teater in onderskeidelik Kaapstad en Johannesburg volgemaak.

The Inconvenience of Wings het ook opslae gemaak tydens die Edinburgh Festival Fringe in Skotland, waar dit vyfster-resensies gekry het. Die British Theatre Guide het dit beskryf as ʼn “pragtig gemoduleerde werk wat gehore nie moet misloop nie”.

Die toneelstuk het ook in 2017 die Fleur de Cap-toekennings vir beste regisseur (Lara Foot), beste akteur (Andrew Buckland) en beste aktrise (Jennifer Steyn) verower.

Die toneelstuk speel af teen ʼn landskap van herinneringe en drome en raak kwessies soos vriendskap, disfunksie, verslawing en engele aan. Sara (Steyn) word met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer – sy is kompulsief, lewendig en haat vroue wat weet hoe om kolwyntjies te bak. Paul (Buckland) is Sara se man. Hy poog om ʼn oplossing vir haar probleme te vind terwyl professor James (Mncebisi Shabangu) poog om dit wat oor is van die paartjie se verhouding te red.

The inconvenience of wings

Andrew Buckland en Jennifer Steyn in ‘The Inconvenience of Wings’. (Foto: Verskaf)

The Inconvenience of Wings is wesenlik ʼn liefdesverhaal, met kontemporêre temas soos bipolêre gemoedsversteuring en kompulsiwiteit en die verwoestende uitwerking daarvan op ʼn familie. Dit sny teen die been vir enigiemand wat met geestesiektes worstel of iemand ken wat daardeur geraak word.

Die produksie sal van 13 Februarie tot 3 Maart te sien wees. Besoek Webtickets se webwerf vir kaartjies.

WEN: Twee gelukkige Kaapse lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen vir die vertoning van The Inconvenience of Wings tussen 13 Februarie en 3 Maart by die Baxter-teater in Kaapstad. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Wie is die regisseur van The Inconvenience of Wings? Die kompetisie sluit Maandag 5 Februarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.