10 vinnige feite oor ‘Byt en Buskruit’ se tweede seisoen

Adam Tas (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Byt en Buskruit, die gewilde aanlyn reeks oor visvang en jag, is terug vir ʼn tweede seisoen. Die jongste reeks beloof om kykers weer vasgenael voor die skerm te hou en mee te voer na nog eksotiese bestemmings oor die hele suidelike Afrika en selfs verder. Lees hier meer oor die tweede seisoen van Byt en Buskruit, of luister die podsending bo-aan hierdie berig.

Adam Tas, die aanbieder van die program, en Pieter Strauss het met Maroela Media gesels oor tien goed wat jy dalk nie van dié program geweet het nie.

  1. Meyer le Roux het die swaarste vis van die reeks op St. Helena-eiland gevang. Dit was ʼn tuna en het 15 kg geweeg.
  2. Adam sê hulle kan een episode in twee dae verfilm, maar dit duur gewoonlik nader aan vier dae omdat hulle te lekker saamkuier.
  3. Hoewel Adam saam met al sy gaste pret het, was Pietman Geldenhuys (Peter Michell) nog die een wat hulle die hardste laat lag het. Adam sê hy was wel ook die een wat nog die swakste geskiet het.
  4. Die langste wat die filmspan na ʼn bestemming moes reis, was na Atlanta in die VSA toe. Dit het hulle sowat 22 uur geneem om daar te kom.
  5. ʼn Gedeelte van die tweede reeks is in die landwye staat van afsondering verfilm. Hulle kon permitte kry omdat hulle ʼn filmspan was, maar hulle moes hul afstand van mekaar hou.
  6. Adam Tas in Byt en Buskruit (Foto: Verskaf)

    Gaste soos Neil Somers, Sarina Frauenstein, Elvis Blue en Danie Rossouw maak almal ʼn verskyning in die nuwe seisoen.

  7. Die wildsvleis wat hulle jag, gaan na die liefdadigheidsorganisasie Help Jag toe, wat 8 000 kinders daagliks voed.
  8. Op Danie Rossouw se plaas, naby die Krugerwildtuin, het hulle ʼn bosvark in die nag gejag.
  9. Een van die lekkerste goed wat hulle op die program geëet het, was ʼn koedoefilet wat op soutblokke gebraai is. Adam sê hy het dit nog nooit vantevore gesien nie, en dat dit heerlik was.
  10. Byt en Buskruit is slegs een van die programme wat op die Dapper Media-platform beskikbaar is. Dit is gratis om te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.