12 Safta-nominasies vir Deon Opperman se ‘Donkerland’  

Deon Opperman. Foto: Skermskoot uit video.

Deon Opperman. Foto: Skermskoot uit video.

Die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse film- en televisiebedryf word jaarliks met ʼn Suid-Afrikaanse film- en televisietoekenning (Safta) bekroon en die Afrikaanse televisiedrama Donkerland  het 12 benoemings ontvang.

Donkerland is onder andere benoem in die kategorie beste TV-drama, beste kinematografie en beste aktrise in ʼn hoofrol in ʼn TV-drama (Jenna Dunster).

Die drama Swartwater is in agt kategorieë benoem.

Sepies soos Binnelanders en 7de Laan het ook ʼn hele paar nominasies ingeryg terwyl Jou Show met Emo vir beste geselsprogram genomineer is.

Die fliek Faan se Trein het altesaam 12 nominasies ontvang.

Die wenners word op 20 en 22 Maart aangekondig. Sien die volledige lys van benoemings hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.