5 Afrikaanse reekse wat jy nou kan kyk

Jy het nie ʼn DStv-rekening nodig om die jongste episodes van die gewildste Afrikaanse programme te kyk nie – splinternuwe episodes van die kykNET-uitsendings is weekliks op Showmax te sien!

Boer Soek ʼn Vrou, S11 | Elke Vrydag

Foto: kykNET

Dié gewilde pasmaatprogram is terug en nog boere is op soek na die liefde van hul lewe. Wees deel van die hartseer en die hoop in een van die gewildste realiteitsprogramme ooit. Kyk nou »

Arendsvlei, S1 | Elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag

Foto: kykNET

Verbode liefde, drome, passie, familie – selfs moord is in dié opwindende nuwe plaaslike drama te sien. Arendsvlei, naby Kaapstad geleë, is vol intrige en skandale en selfs die beste bedoelings kan iets anders wegsteek. Kyk nou »

Spoorloos, S1 | Elke Woensdag

Foto: kykNET

ʼn Klein dorpie probeer weer herleef, maar dan keer ʼn reeksmoordenaar terug om weer ʼn bloedspoor agter te laat. Twee persone span saam om die moordenaar op te spoor, maar die dorpie se donker verlede mag nie onthul word nie… Kyk nou »

Vet kans, S1 | Elke Vrydag

Foto: kykNET

Dit is nooit maklik nie, maar die deelnemers aan dié nuwe realiteitsprogram is vasbeslote om gewig te verloor. Deel in die trane en vreugde wanneer hulle aan die streng oefenprogram deelneem om die kilogramme af te skud. Kyk nou »

Fynskrif, S1 | Volledige seisoen

ʼn Suksesvolle prokureur keer met sy gesin terug na sy tuisdorp vir vrede en rustigheid. Hy vind egter vinnig uit daar is iets anders wat die rus verstoor… Die volledige eerste seisoen is nou te sien. Kyk nou »

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.