5 redes vir Suid-Afrikaners in die buiteland om in te teken op ShowMax

BB-Die-Byl-kyknet.jpg

Die Byl (reeks)

[promosie-artikel]

Verlang jy huis toe? Teken nou in op ShowMax om van die beste tuisvervaardigde reekse en films te kyk.

Hier is vyf redes waarom Suid-Afrikaners in die buiteland mal gaan wees oor ShowMax:

  1. Jy verlang huis toe

Ma se kind, wat doen jy in Amerika, of Engeland, of selfs Australië? Ag, jitte, daardie braaivleis proe net nie dieselfde nie, nè? Jy kan seker nog steeds Grabouw-wors, Ouma-beskuit en selfs NikNaks ten duurste in die hande kry.  Maar iets kort… Suid-Afrika is huis en daar is geen ander plek soos Suid-Afrika – die taal, sy mense, die landskap – nie.  Trek jou geboorteland nader met die beste flieks, reekse en geselsprogramme wat beskikbaar is om af te laai of met ShowMax te stroom.

  1. Die enigste plaaslike inhoud

ShowMax is die enigste plek wat eksklusiewe toegang bied tot ongeveer 14 000 episodes van die beste Afrikaanse reekse, flieks, dokumentêre reekse, iets vir die kinders en nog vele meer.

 BINNELANDERS SUB JUDICE_POSTER LANDSCAPE.png

Binnelanders Sub Judice (sepie)

Jy kan enigiets, van splinternuwe oorspronklike programme soos Die Byl, wat geïnspireer is deur Suid-Afrika se eie baasspeurder, Piet Byleveld, tot die tydlose Leon Schuster, verwag saam met tuisvervaardigde gunstelinge soos Binnelanders, Molly en Wors en Getroud met Rugby.  Wees op die uitkyk vir fliekgunstelinge soos Knysna, Mooirivier, Leading Lady en Ballade vir ʼn enkeling.

  1. Daagliks nuwe inhoud

Nuwe episodes van die beste en gewildste programme word daagliks opgelaai, wat elke dag vars, nuwe inhoud bied om te ontdek.  Dit beteken jy kry die nuutste episodes van jou gunstelingsepies, dramas en werklikheidsprogramme, terwyl jy ook op hoogte kan bly met aktuele sake en nuus.  Lekker kinderprogramme soos Tjiff  & Tjaff en Rat Tat Tat, is die perfekte opvoedkundige vermaak in Afrikaans.  Baie lekker!

  1. Vat bietjie van die huis af saam met ShowMax

ShowMax se app is een van die min internet-televisiedienste wat jou toelaat om programme met jou foon af te laai.  Jy kan tot 25 afgelaaide programme tot 30 dae lank stoor.  Die diens bied vermaak tydens lang reise, veral wanneer die kinders vermaak moet word en daar swak of geen Wi-Fi sein is nie.

  1. Waarde vir jou geld

Jy kan nou registreer vir ʼn gratis toetslopie van sewe dae, sonder enige voorwaardes.  As jy besluit ShowMax is nie vir jou nie, is dit nie ʼn probleem nie.  Jy kan enige tyd kanselleer en daar is geen versteekte kostes nie, geen kontrak en geen vangplekke nie.

showmax-Die-Pro

Die Pro (fliek)

Maar as jy hou van wat jy sien, kan jy onbeperkte toegang kry teen slegs US$8,99 per maand, wat beslis minder is as ʼn draai in die kroeg, ʼn uitstappie wat enige Suid-Afrikaner geniet.

Gaan na ShowMax om te kyk na die inhoud, kry meer inligting en begin sommer dadelik met jou gratis toetslopie.

kykNET se internasionale inhoud is beskikbaar op ShowMax vir alle Suid-Afrikaners wat in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxembourg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu-Zeeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, Verenigde Koninkryke en die VSA woon.

Artikel verskaf deur ShowMax

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.