50 jaar ná die eerste hartoorplanting

Prof. Chris Barnard (Foto: Mario De Biasi (Mondadori Publishers), Wikimedia Commons)

Die 50ste herdenking van die wêreld se eerste hartoorplanting, wat prof. Chris Barnard én Suid-Afrika op die voorgrond van mediese navorsing geplaas het, word binnekort op kykNET met ʼn dokumentêr en ʼn dokudrama gevier.

Dié kanaal is tans besig met twee projekte wat die gebeure rondom die eerste hartoorplanting ondersoek ter viering van die geskiedkundige dag.

Die eerste deel van dié viering is ʼn dokumentêr wat deur middel van beeldmateriaal en onderhoude fokus op die eerste hartoorplanting en die gebeure vooraf.

Die dokumentêr, met die titel Vyftig jaar na die eerste hartoorplanting, gaan onder meer kyk na die eksperimentele fase van die hartoorplanting, die Groote Schuur-hartspan se wêrelddeurbraak, die wêreldkongres oor die eerste hartoorplanting wat in Kaapstad gehou is gedurende Junie 1968, die periode tussen 1975 en 2017 en wat beteken dit om “met iemand anders se hart te leef”.

Die tweede deel van dié herdenking is die dokudrama Hartstog uit die pen van Deon Opperman. Hartstog plaas die gebeure van dié geskiedkundige dag onder die vergrootglas. Die gebeure word uit die perspektief van die mediese span, die skenker en betrokke partye vertel.

Vyftig jaar na die eerste hartoorplanting word op 26 November om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Hartstog word op 3 Desember om 20:00 op kykNET uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mau Mau ·

Chris het nie die 1ste operasie gedoen nie. Chris jnr het ook ander persoon se IP gesteel nes Snr 50jr gelede

nuuskierig ·

Nou wie het dan die eerste hartoorplantings- operasie gedoen? Wat het Chris Barnard senior gesteel? Wie is Chris jnr?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.