7 Afrikaanse flieks wat jy dalk nog nie gesien het nie

Van bemoedigende flieks tot hartseer verhale – dié plaaslike flieks is net wat jy nodig het.

1. Vaselinetjie

Hulle noem haar “Vaselinetjie” omdat sy so ʼn wit vel het. Helena se liefdevolle bruin oupa en ouma het haar grootgemaak, maar wanneer die welsyn uitvind sy is nie hul biologiese kleinkind nie, word sy na ʼn weeshuis toe gestuur. Dié hartroerende drama gaan oor verlies en hoop. Kyk nou »

2. As Jy Sing

In ʼn skool waar almal sportmal is, is die sanggroep die uitgeworpenes. Hulle deins egter nie terug vir enigiemand nie en met die hulp van hul musiekonderwyser sal hulle seker maak almal staan op en luister. Kyk nou »

3. Modder en Bloed

Hulle is dalk krygsgevangenes, maar een groep soldate vind ʼn manier hoe om hul teenstanders aan te durf: ʼn rugbywedstryd tussen gevangenes en tronkbewaarders. Dié aangrypende drama speel af tydens die Anglo-Boereoorlog. Kyk nou »

4. Jou Romeo

Drama-bleeksiele Yvette en Tyler is platgeslaan wanneer ʼn knap begroting daartoe lei dat Romeo en Juliet gekanselleer moet word. Nou het hulle ʼn plan om dit steeds op die planke te bring, selfs al het hul nuwe hoofrolspeler Marko nie ʼn idee dat hy deel is van die plan nie! Kyk nou »

5. Die Spook van Uniondale

Op pad na ʼn besoek aan sy ouers, ry Stefan deur Uniondale wanneer sy motor skielik oorverhit. Nou is hy vasgekeer in ʼn klein dorpie en hy ontmoet vreemde karakters wat moontlik nie eens bestaan nie. Dit lei tot ʼn ervaring wat hy nooit sal vergeet nie. Kyk nou »

6. Vuil Wasgoed

Wim en Kevin is twee leeglêers wat geld maak deur ryk mense se klere te was. Vir hulle is dit ʼn hoogtepunt om elke aand die klere van die wassery se kliënte aan te trek en dan partytjies by te woon. Dan ontdek hulle ʼn vinger in ʼn kliënt se sak en beland in groot moeilikheid in dié prettige komedie. Kyk nou »

7. Abraham

Abraham is ʼn sukkelende kunstenaar op die Suid-Afrikaanse platteland in die 1980’s. Hy droom van sukses, maar alles is teen hom gekant in dié tragiese drama. Dit was die laaste fliek van die Afrikaanse filmlegende Jans Rautenbach. Screen Africa het gesê hy is “moontlik Suid-Afrika se beste en terselfdertyd, mees omstrede, filmmaker”. Jans is in 2016 oorlede in die ouderdom van 80, ʼn jaar ná Abraham vrygestel is met uitstekende resensies. Kyk nou »

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.